Die illustreerder

Martie Preller, die meesterbrein agter die Loebi-leesboekies:

Ek kon voel hoe voel Loebi, toe hy uit die eier gekom het, maar hoe lyk hy?En hoe lyk Pappa en Mamma en Sussie-Ba en Sussie La en oupa Loebibus en ouma Heidels en al die ander drake?

Heidi Fivaz het gelukkig geweet, en omdat sy geweet het, kon sy die pragtige illustrasies doen.

Martie Preller, mede-skrywer Martie Kruger en Heidi het ook saamgewerk aan die Kanja die Derde stories wat Januarie 2006 – April 2008 in rooirose verskyn het.

Lees meer oor Heidi Fivaz en haar werk by www.heidifivaz.com.