Wat sê ons klublede?

Armand is nou in Graad 1 en die aktiwiteite pas presies in by wat hulle nou begin doen. Ek is omtrent meer opgewonde as die kinders. Sonet

DANKIE VIR 'n WONDERLIKE AFRIKAANSE GELEENTHEID wat julle ons kinders bied – veral vir mense soos ek wat op die plaas woon – ek hoop net almal sien dit soos ek!  Dit is soms maar erg om hier op 'n plaas te bly want jou kinders het nie aldag al die geleenthede wat hulle maats in die dorpe het nie.  Maar met die leesklub voel dit darem vir my ek kan my kind ook help om nie eendag soos 'n klip tussen sy maatjies te wees nie! Helene

My drieling is al drie MAL oor Loebi en kan nie genoeg kry nie!  Wat lekker is van die aktiwiteite is hulle doen My Liggaam by die skool so dit pas lekker in! Mari

Ons het ons pakkie ontvang. Dit is regtig vreeslik oulik ek dink hulle gaan dit sommer baie geniet. Louise

My twee kinders is mal oor Loebi.  Krismarie (3) wil kort-kort die stories vir haar en boetie se ouderdom hoor.  Janco (1) dans op die Loebi-liedjie.  Eers heen en weer en dan op en af.  Dit is te oulik. Julle het regtig ‘n wenner van ‘n produk!!!!!!!!!!!!!!!!!!!  Ek kan nie wag om by die huis te kom om met hulle die dag se stukke te doen nie.  Sien uit daarna om te sien wat volgende maand is. Annamarie

Ek wil net vir julle baie dankie sê vir die wonderlike klub. My kinders is absoluut gaande oor Loebi en ek moet elke aand dit tot vervelens toe lees. Dank Vader ek hoef nou nie meer self draak stories uit te dink nie. Adriana

My seuntjie (4)  is verskriklik hiperaktief en sukkel om stil te sit en te konsentreer.  As hy egter iets wel in sy kop het vergeet hy dit nie maklik nie en hy hou daarvan om dinge te leer.  So die Loebi pakket geniet ons baie, juis omdat ek rustig met hom kan sit en dit saam met hom daardeur kan gaan. Jurene

Ek wil julle net dankie sê vir die wonderlike werk wat julle vir ons Afrikaanse kinders doen. Ek is nou besig met Loebi se pienk reeks met my seuntjie en hy leer so baie. Claudia

Baie dankie vir die pragtige boekies en al die aktiwiteite wat julle al gestuur het. Ek kan sien dat daar harde werk ingesit is en wel deurdenkte beplanning gedoen is om die Loebi-leesklub baie spesiaal te maak. My kinders geniet dit verskriklik baie! Daphne Basson

Baie dankie, die aktiwiteite is puik uiteengesit. 10/10 vir julle daarvoor. Jana Cronje

Baie, baie dankie. Het gister my pakkie gaan haal by die poskantoor. Ek love julle produk. My kleinding is nog bietjie klein maar gaan dit sommer vir haar gee vir haar 1ste verjaarsdag. Gaan nou solank begin spaar vir die volgende reeks. Julle is tops. Edith Gerber