Leesklub

Die Loebi-leesreeks bestaan uit 12 leesboekies per ouderdomsgroep. Elke ouderdomsgroep is verskillend, dus is daar 60 storieboeke in totaal! Al die wonderlike, eg Afrikaanse Loebi die draak storietjies is geskryf deur die bekroonde skrywer Martie Preller (skrywer van o.a. die gewilde Babalela-boeke).

Saam met die leesboekies is daar ook ‘n ouerhandleiding met opvoedkundige daaglikse aktiwiteite en leerhulpmiddels (o.a. vertoon- en werkskaarte) wat op die boekies gebaseer is beskikbaar. Die aktiwiteite is perfek uitgewerk vir jou kind se ouderdomsgroep en verg net 10-20 minute van jou tyd op ‘n dag. Dus is dit sommer ‘n wonderlike verskoning om kwaliteit tyd met jou kleinding te spandeer, terwyl jy seker maak dat alle aspekte van sy/haar ontwikkeling gedek word.

Die belangrikheid van ouers se betrokkenheid in ‘n kind se opvoeding kan nie genoeg beklemtoon word nie. Dit is in vandag se kompeterende wêreld dus nie net genoeg om jou kind kleuterskool toe te stuur nie. Indien jy jou kind ‘n voorsprong wil gee, moet julle ook ekstra aktiwiteite by die huis doen. Die leesreeks se aktiwiteite gee jou die nodige kennis om te sorg dat jou kind se ontwikkeling op standaard (en nog beter) is en boonop is dit PRET PRET PRET!

Julle kan nou deel word van Loebi se wêreld deur aan te sluit by die Loebi-aktiwiteitsklub of die volledige leesreeks vir jou kind se ouderdomsgroep aan te koop, of 'n VIP Loebi maatjie te word.

Loebi-aktiwiteitsklub

Die verskillende ouderdomsgroepe waarvoor jy jou kind kan inskryf is:

  • 0-2 jaar (die pienk reeks)
  • 2-3 jaar (die geel reeks)
  • 3-4 jaar (die groen reeks)
  • 4-5 jaar (die blou reeks)
  • 5-7 jaar – skoolvoorbereidende reeks (die pers reeks)

Loebi-aktiwiteitsklublede ontvang maandeliks vir 12 maande ‘n ouderdomsverwante Loebi-leesboekie in die pos. Dis egter nie al nie – as klublid kry jy ook elke maand ‘n e-pos met daaglikse aktiwiteite wat jy met jou kleinding kan doen en leerhulpmiddels, soos lees- en werkskaarte wat jy saam met die daaglikse aktiwiteite kan gebruik. Klublede kan ook elke nou en dan ‘n Loebi-geskenkie saam met hulle leesboekies in die pos verwag!

Soos julle sal sien is die Loebi-aktiwiteitsklub uniek en beslis ‘n belegging vir jou kind se toekoms. Loebi gaan nog diep in die harte van Afrikaanse kinders kruip!

Om aan te sluit is maklik!

  1. Vul die aansluitingsvorm in.
  2. Ontvang betalingsbesonderhede
  3. Betaal R100 aansluitingsfooi en eerste maandelikse betaling
  4. Reël by die bank vir geskeduleerde maandelikse betalings van R100 per per kind maand vir 11 maande.

Volledige leesreeks

Koop die volledige leesreeks vir jou kind se ouderdomsgroep aan by die Loebi-aanlynwinkel en ontvang in die pos ‘n Loebi-tassie met:

  • 12 leesboekies
  • Ouerhandleiding met daaglikse aktiwiteite vir ‘n hele jaar
  • Leerhulpmiddels op CD om self uit te druk en saam met daaglikse aktiwiteite te gebruik
  • Loebi inkleur- en aktiwiteitsboek.

Julle kan ook slegs die boekies en ander Loebi-produkte by die Loebi-aanlynwinkel aankoop.