Kweek 'n liefde vir lees
Martie Preller, bekroonde skrywer bekend as die meesterbrein agter die Babalela-boeke en die skrywer van die Loebi-leesreeks:
Stories help ‘n kind om te leer lees, want die stories hou sy aandag en gee betekenis aan woorde. Stories is deure na ander węrelde. Wanneer ‘n kind lees van ander węrelde, ontdek hy homself en sy eie węreld, op ander maniere as ‘n kind wat nie lees nie. Deur ‘n kind te leer om te lees en hom bloot te stel aan soveel stories as moontlik, is een van die grootste geskenke wat jy hom ooit kan gee. Watter ander geskenk maak deure oop na eindelose moontlikhede om ‘n lewe wat betekenis het te leef?
Hoe kry ek my kind “hooked” op lees?
Hoekom is kinders so lief vir (TV-)reekse soos Pinocchio of Heidi? Hulle raak lief vir die karakters. Pinocchio en Heidi is reekse opeenvolgende stories met dieselfde karakters. ‘n Reeks voorlees- en selfleesstories soos die van die Loebi-leesreeks is dus ideaal om ‘n liefde vir lees te kweek en kinders “hooked” te kry. Voorlees- en selfleesstories prikkel ook die verbeelding en:
“Verbeelding is belangriker as kennis” – Albert Einstein
