Ouerhandleiding
Saam met die Loebi-leesboekies is daar ook ‘n ouerhandleiding met opvoedkundige daaglikse aktiwiteite en leerhulpmiddels (o.a. vertoon- en werkskaarte) wat op die boekies gebaseer is beskikbaar. As jy by die Loebi-aktiwiteitsklub aansluit, sal jy maandeliks ‘n e-pos met die aktiwiteite en leerhulpmiddels vir die maand ontvang. Indien jy een van die volledige Loebi-leesreekse aankoop, sal jy ‘n boek met die aktiweite vir ‘n hele jaar ontvang, asook ‘n CD met al die leerhulpmiddels op sodat julle dit self tuis kan uitdruk.
Die daaglikse aktiwiteite en leerhulpmiddels is gemik daarop om jou te help om jou kind se vaardighede optimaal vir sy/haar ouderdomsgroep te ontwikkel. Dit spreek alle aspekte van jou kind se ontwikkeling aan, o.a. visuele diskriminasie, selfbeeld, wiskunde, wetenskap, fyn motoriese ontwikkeling, groot motoriese ontwikkeling, emosionele ontwikkeling en hand-oog koördinasie. Daar is ook begripsvragies ingesluit en die ouer ouderdomsgroepe leer ook stelselmatig die alfabet bemeester.
Die aktiwiteite is perfek uitgewerk vir jou kind se ouderdomsgroep en verg net 10-20 minute van jou tyd op ‘n dag. Dus is dit sommer ‘n wonderlike verskoning om kwaliteit tyd met jou kleinding te spandeer, terwyl jy seker maak dat alle aspekte van sy/haar ontwikkeling gedek word. Natuurlik hoef julle ook nie elke dag die aktiwiteite te doen nie. Julle kan byvoorbeeld op ’n Saterdag die lekkerste aktiwiteite van die week kies en dit saam doen. Gebruik dit net soos julle wil en pas dit aan by julle eie spesifieke omstandighede.
As jy jou kleinding byvoorbeeld by die klub aansluit vir 3- tot 4-jarige ouderdomsgroep en julle begin wanneer hy 3 is, kan julle ook die aktiwiteite die volgende jaar wanneer hy 4 is weer doen en jy kan dan sien hoeveel hy ontwikkel het.
