Terme en voorwaardes
Deur aan te sluit by die Loebi-aktiwiteitsklub of enige Loebi-produkte te bestel, aanvaar jy die volgende voorwaardes:
- Die inligting wat jy op die bestelvorm gegee het is korrek. Ons aanvaar nie verantwoordelikheid vir 'n verkeerde produk wat bestel word of vir verkeerde pos- of e-posadresse nie.
- Indien ons nie jou e-pos adres of posadres het nie, kan die produkte nie gestuur word nie!
- Van die dokumente wat ons per e-pos stuur is groot. Maak seker jy het toegang tot 'n vinnige Internetkonneksie en dat jou e-pos groot dokumente kan ontvang.
- Ons moet binne 30 dae na die betaling van die produk skriftelik van enige probleme met of in verband met die produk in kennis gestel word. Na die 30 dae tydperk aanvaar ons dat die produk aan jou afgelewer is en dat jy tevrede is daarmee.
- Die Loebi-aktiwiteitsklubboekies word met gewone pos gestuur, dus sal jy nie ‘n naspoornommer daarvoor ontvang nie. Nadat jou bestelling verwerk is sal jy 'n naspoornommer ontvang vir ander produkte wat op die Loebi-webwerf bestel word. Dit is jou verantwoordelikheid om die pakkie te gaan afhaal. Jou pakkie sal by die poskantoor wees en indien jy nie 'n afhaalstrokie by die poskantoor kry nie, moet jy met jou naspoornommer gaan navraag doen. Die poskantoor stuur pakkies terug wat langer as 'n maand onafgehaal is en indien die pakkie terugkom, sal jy ongelukkig weer die posgeld van R30 moet betaal asook 'n adminstrasiefooi van R20 voor jou pakkie weer aan jou gestuur sal word.
- Alle Loebi-produkte is uitsluitlik vir jou privaatgebruik. Alle produkte is onderhewig aan kopiereg. Dit mag onder geen omstandighede uitgeleen of gekopieer word sonder skriftelike toestemming van die eienaar nie.
- Kinderwerf behou die reg om sonder kennisgewing die produkte se pryse te verhoog.
- Pakkies word om en by die 10de van elke maand gepos. Laat asseblief daarna ten minste 2 weke vir aflewering toe. Die Loebi-aktiwiteitsklub sal nie verantwoordelik gehou word vir die poskantoor se soms stadige diens nie.
- Deur aan te sluit by die Loebi-aktiwiteitsklub, sal jy verantwoordelik gehou word om ‘n aansluitingsfooi van R100 te betaal sowel as (voor of op die 5de van elke maand) geskeduleerde maandelikse betalings van R100 per maand vir 12 maande vanaf die maand van aansluiting.
- Betaal asb. die presiese bedrag deur jou verskuldig in ons bankrekening in. Indien jy bv. per ongeluk te veel oorbetaal het, sal ons slegs vir jou met Loebikoopbewyse kan terugbetaal.
- Die Loebi-aktiwiteitsklub sal foutiewe produkte vervang mits die probleem nie met skriftelike korrespondensie opgelos kan word nie en die foutiewe produk aan ons teruggepos word.
- Indien jy ons skriftelik binne 30 dae van jou bestelling inlig van foutiewe produkte en dit vir ons terugstuur sal ons vir jou die produk vervang na ontvangs. Geen terugbetalings sal gedoen word nie slegs vervanging van foutiewe produkte. Maak asseblief dus seker dat jy bewus is oor wat jy aankoop en wat die produk is en kontak ons by info@loebi.co.za om enige onsekerheid uit te klaar voor jy jou aanlynbestelling doen of aansluit by die aktiwiteitsklub.
- Gaan kyk gerus op ons winkelbladsy vir voorbeelde van die boekies en aktiwiteite.
